On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Boervroue aangemoedig om volgens hul eie ritme te dans

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Mon, 04 Apr 2022

Boervroue aangemoedig om volgens hul eie ritme te dans | News Article
Hierdie samekoms was vir hom besonders omdat hy self op ‘n plaas groodgeword het en aanskou het hoe sterk sy ma was ten spyte van uitdagings. FOTO: Elsabé Richard/OFM-nuus.

‘Ek het ‘n boervrou sien dans’ was die inspirerende tema van Igno van Niekerk, ‘n skrywer en passievolle fotograaf, se praatjie die afgelope naweek by ‘n boervroudag op die plaas Hondeblaf buite Petrusville in die Noord-Kaap.

Van Niekerk het die geleentheid bygewoon as motiveringspreker en het vroue vermaak met stories en verhale wat traantrekkers was, maar hy het ook stories vertel wat almal uit hulle mae laat lag het.

Hierdie samekoms was vir hom besonders omdat hy self op ‘n plaas grootgeword het en aanskou het hoe sterk sy ma was ten spyte van uitdagings.

 LEES OOK: Boervrou begin leerproduktebesigheid en geniet elke oomblik

“Ek het self op ‘n plaas grootgeword en ‘n boervrou sien dans. Daai dans is nie die dans wat [sy dans] as dit reën nie, dit is om kinders by die skool te kry, om die huis in orde te hou, om jou eie hartseer te verwerk en om jou eie hartseer om te sit in vreugde en vir ander mense vreugde te bring,” vertel Van Niekerk.

Sy boodskap aan vroue oor die algemeen is “ek dink ons almal kan kies watter dans ons dans met die lewe, en ons dans op verskillende ritmes en tye… 

"Ek dink daar is so baie mense wat nooit leer om rerig te lag en om vreugdevol te lewe nie, want ons is so bang ons vreugde gaan van ons weggeneem word. Só ontneem ons onsself van vreugde [nog] voordat ons dit ervaar.”

So dans en lag en wees vreugdevol!

Luister na die volledige PODCAST her:



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.