On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Kwiltwinkel-eienaar poog om vroue te bemagtig

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Thu, 24 Mar 2022

Kwiltwinkel-eienaar poog om vroue te bemagtig | News Article
Lynette van der Merwe se ouma is haar grootste inspirasie. FOTO: Pramberg Quilting

Op ‘n plaas in die Bo Karoo is Lynette van der Merwe hard besig met naaldwerk want dis haar passie.

Sy het Pramberg Quilting op die been gebring – ‘n besigheid wat nie net kwiltkursusse aanbied nie, maar ook ‘n omgewing bied wat die siel rustig maak - om ander vroue te bemagtig. 

Sien onderstaande PODCAST

Pramberg Quilting is sowat 3km van Phillipstown in die Noord-Kaap geleë, op die plaas Somerlus, waar haar man Pieter met Merino-skape boer.

Van der Merwe se passie vir enige vorm van hand-, brei-, naald- of hekelwerk het op die ouderdom van ses jaar begin. Haar ouma is haar grootste inspirasie.

Sy vertel hoe haar ouma die mooiste rokke gemaak het en hoe haar ouma se handewerk haar geamuseer het.

“Nadat ek getroud is en op die plaas kom woon het, het my gedagtes ver rondgewaal om die idee [vir ‘n kwiltwinkel] realisties te maak.  Kinders grootmaak was die grootste priotiteit en ek wou dit agter die rug sit voordat ek enige besluite kon neem.  

Lees ook: NK-boer praat oor die gebruik van tegnologie, selfgemaakte veelekke

“Eers het ek die langarm kwiltmasjiene gekoop en so begin deurstikwerk doen. Die aanvraag van dames na kwiltlap om kwilte te maak of stukkies lap in te las, of groter te maak, het aanleiding gegee tot die kwiltwinkel,” deel Van der Merwe.

In die winkel word 100% katoenlap, wol-bateersel, katoen-bateersel, organiese katoengare,  ontwerp- en borduur van embleme,  borduurgare en alle benodigdhede om te kwilt, verkoop.

Lees ook: ‘Moenie toelaat dat jou ouderdom jou terughou nie

Pramberg Quilting nooi twee keer per jaar ‘n geakkrediteerde kwilt-onderwyser van die kwiltersvereniging om klasse aan te bied en onder meer die nuutste tegnologie ten opsigte van kwilt te deel, sowel as die nuutste metodes om 'n kwilt te maak.

Vroue in die gemeenskap en omliggende dorpe kom ook die laaste Donderdag van elke maand op die plaas bymekaar waar hulle mekaar help.

Van der Merwe vind ook dat naaldwerk terapeuties is want “as jy naaldwerk doen, is jy gefokus net op dit wat jy doen, en dis al wat jy op daardie oomblik doen. Jy dink aan niks en niemand nie. Jy werk net steek vir steek of blokkie vir blokkie…”

Haar doelwitte vir Pramberg Quilting is om vroue meer te bemoedig en te help met kwilte, en om ‘n omgewing te skep waar vroue gerus voel. Sy wil graag ook groter gaan en die winkel uitbrei.

Die boodskap wat sy vir vroue het, is “moet nooit dink dat jy dit nie kan doen nie. Dit gaan oor dat jy jou kreatiwiteit uitleef en die samesyn geniet."

Vir meer informasie oor Pramberg Quilting stuur ‘n epos na prambergquilting01@gmail.com.



OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.