On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Afslaershuis stel sy kliënte gerus oor Covid-19 geval

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:39 Fri, 03 Apr 2020

Landbounuus-podcast: Afslaershuis stel sy kliënte gerus oor Covid-19 geval | News Article

Die afslaershuis, André Kock en Seun, stel sy kliënte gerus dat daar geen rede tot paniek is weens 'n boer wat positief getoets het vir die koronavirus wat 'n veiling vir lewende hawe in Kroonstad onlangs bygewoon het.


Hennie Wille, eienaar van André Kock en Seun in die Vrystaat, wat ook 'n afslaer is, sê dié boer het die veiling op 24 Maart by die afslaershuis se veilingskraal in Kroonstad bygewoon. Hy was vlugtig daar en was nie in kontak met baie mense nie. Wille sê sover hulle kennis strek was daar geen ander voorval met betrekking tot die koronavirus by dié betrokke veiling nie en die weeklikse veiling duur voort eerskomende Dinsdag. Dié reaksie kom nadat die LUR van landbou en landelike ontwikkeling, William Bulwane, aan OFM-nuus gesê het die department is bewus van 'n boer wat 'n veiling in Kroonstad voor die nasionale inperking verlede Donderdag om middernag in werking gestel is as voorkomingsmaatreëls om die verdere verspreiding van die Covid-19- pandemie in Suid-Afrika te verhoed. Bulwane het 'n beroep om mense, wat dié veiling bygewoon het, en simptome van dié virus toon, gedoen om met die Vrystaatse departement van gesondheid, in kontak te kom of om hul naaste gesondheidskliniek of 'n dokter te besoek. OFM-nuus weet wie die betrokke boer is, maar verkies om nie sy identitiet bekend te maak voordat hy nie toestemming daarvoor gegee het nie.

Agri SA vra vir begrip en bedagsaamheid binne die landbouwaardekettings gedurende die COVID-19 inperkingstydperk. Die landbousektor het ‘n enorme verantwoordelikheid om voedselsekerheid tydens die inperkingstydperk te verseker, maar ook in die moeilike tye wat voorlê. Jolanda Andrag, die hoof van Agri SA se Bedryfskamer, sê in hulle pogings in hierdie verband, moet hul die interafhanklikheid van segmente van die landbouwaardeketting erken, asook die wedersydse impak wat elkeen op mekaar het. Met die oog op ekonomiese volhoubaarheid as ‘n sektor, moet ons ook kennis neem van produsente as prysnemers wat tans ‘n geweldige toename in insetkoste moet absorbeer,” sê  Andrag.

EN

Agri SA sê verder dit neem kennis van die Melkprodusente-organisasie (MPO) se persverklaring oor prysverminderings in dele van die suiwelbedryf. Omri van Zyl, Agri SA se uitvoerende direkteur sê in 'n verklaring te midde van die huidige onsekerheid waar pryse aansienlik verminder word aan die aanbodkant van die mark sonder enige merkbare verandering aan die vraagkant, skep dit onnodige frustrasie en bykomende ekonomiese spanning vir produsente. Hy voeg by dit bly uiters noodsaaklik om boere se besighede aan die gang te hou ten einde die lewensvatbaarheid van die hele voedselketting te verseker. Agri SA, tesame met sy lede, sal voortgaan om na mededingendheid van die landbouwaardeketting in geheel te streef.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.