On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Minister Didiza hou inligtingsessie oor bek-en-klouseer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:27 Mon, 17 Feb 2020

Landbounuus-podcast: Minister Didiza hou inligtingsessie oor bek-en-klouseer | News Article
Minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza/ANA

'n Media-inligtingsessie deur die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, is onderweg in Kaapstad.


Didiza sal na verwagting terugvoer gee oor die status van die bek-en-klouseer uitbreking in Limpopo. Sy sal ook na verwagting belangrike inligting verskaf oor ingrypings. Dit kom nadat dié siekte in November verlede jaar in die Molemole-distrik hoofsaaklik op kommersiële eiendomme uitgebreek het. Dit was die tweede uitbreking ná 'n vorige uitbreking in die Vhembe-distrik in Februarie verlede jaar. Bek-en-klouseer is 'n hoogs aansteeklike virus wat beeste, varke, skape, bokke en ander gesplete hoefdiere raak. Mense word nie deur dié siekte geraak nie en dit is veilig om produkte van dié gesplete hoefdiere te eet.

EN

Daarmee saam meen die DA se Annette Steyn, 'n LP en woordvoerder van landbou, die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, kan vandag die tydelike nasionale verbod op die samekoms van spleethoewige diere vanaf twee of meer bronne vir verspreiding na meer bronne moontlik lig. Dié tydelike verbod is oor die land heen in plek gestel nadat bek-en-klouseer in November verlede jaar in die Molemole-distrik uitgebreek het. Dit het aanvanklik lewende hawe veilings asook die skou van diere in Limpopo, Mpumalanga, Gauteng en Noordwes verbied, waarna 'n nasionale verbod in die Staatskoerant afgekondig is. Steyn sê politieke partye het verlede week met Didiza vergader waartydens die departement skerp vir sy hantering van dié uitbreking gekritiseer is.

Steyn sê die departement van landbou het toe ook nie geld in sy begroting gehad om dié beheermaatreëls toe te pas nie. Dit kom nadat die departement vroeër vandeesmaand aangedui het, sedert die uitbreking van bek-en-klouseer laat verlede jaar, is 140 eiendomme, wat moontlik verband hou met veilings en eiendomme wat deur die bek-en-klouseer uitbreking geraak is, ondersoek. Kwarantyn is op 87 eiendomme gelig. Daar is toé positiewe gevalle op 18 eiendomme gewees.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.