On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Goeie reën is dringend nodig

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:27 Wed, 23 Oct 2019

Landbounuus-podcast: Goeie reën is dringend nodig | News Article

Goeie reën is dringend nodig in die komende drie weke veral in die oostelike somergewasproduksiegebiede soos die Oos-Vrystaat en Mpumalanga.


Dit is omdat die optimum planttyd vir gewasse soos mielies in dié gebiede vinnig uitloop. Johan van den Berg, 'n klimatoloog van Santam Landbou, sê dié somersaaigebiede se optimale plantvenster strek vanaf middel Oktober tot nie later as die helfte van November nie. Daarmee saam het dit nog nie gereën nie en boere kon nie met die voorbereiding van hul landerye begin nie. Hy sê, dit wil voorkom asof die seisoen, soos die geval verlede jaar, laat gaan kom. Volgens hom het produsente in die sentrale en westelike saaigebiede nog genoeg tyd vir aanplantings al is dié gebiede ook droog.    Hy sê 'n groot bron van kommer is  veevoertekorte in die land, terwyl droogtegeteisterde gebiede soos in die Noord-Kaap vergroot weens geen reën.  

Daarmee saam is boere in die Rouxville-distrik in die Vrystaat dankbaar vir produksietoestande wat nie geweldig onder druk is weens erge droogtetoestande soos die geval is in die Noord-Kaap en Oos-Kaap nie.Jacobus Stroebel, 'n veeboer, en visevoorsitter van die Rouxville Boere-unie, sê reën word altyd deur boere verwelkom, maar in dié gebied is dit vir nou nie die grootste uitdaging nie. Volgens hom is ie verval van Rouxville in terme van dienslewering en meer spesifiek die instandhouding van infrastrukstuur soos paaie deur die regering, 'n groter kwessie.

EN

Die DA in die Noord-Kaap bevraagteken 'n besluit deur die Kamiesberg-munisipaliteit om 'n multimiljoenrand-sportveldprojek ir Kharkams aan te pak. Dit in die lig van die voortslepende droogte in dié provinsie. Vernonica van Dyk, LP en kiesafdelingshoof van Kamiesberg, sê dié munisipaliteit kan nie drinkwater aan inwoners van Kharkams verskaf nie, en dit is baie onverantwoordelik om gras op die sportveld aan te plant, omdat dit 'n watergesentreerde projek is. Daarmee saam is slegs twee tender-aansoeke ingedien nadat die projek van 7 tot 28 Junie vanjaar geadverteer is. Die kontrak is aan Namakwaland Construction teen meer as R12,9 miljoen, toegeken. Die projek sluit die opgradering van die bestaande rugby- sokkerveld, asook die oprig van 'n  besproeiingstelsel en kleedkamers, in.  OFM-nuus wag nog vir terugvoering van dié munisipaliteit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.