On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Alfa span saam met Graan SA

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:38 Fri, 20 Sep 2019

Landbounuus-podcast: Alfa span saam met Graan SA | News Article

Organiseerders van die African Livestock Trade Fair, oftewel Alfa, en Graan SA (GSA) het hande gevat om dié gewilde vee-ekspo aanstaande jaar saam aan te bied.


Alfa2019 is vandeesweek, die vierde jaar agtereenvolgens, suksesvol by die Afridome in Parys in die Vrystaat aangebied. Lynette Louw, uitvoerende hoof van Plaasmedia, 'n organiseerder van die ekspo, sê Alfa2020 gaan volgende jaar op Nampopark buite Botaville in die Vrystaat plaasvind. Louw sê dié Nampo Alfa, lewende hawe, jag en buitelewe ekspo, gaan nie saam met GSA se Nampo-oesdag aangebied word nie dit gaan na verwagting volgende jaar in September aangebied word. Louw sê verder  Alfa2019, wat Dinsdag in Parys begin het en tot Donderdag geduur het, was 'n groot sukses.

Betrokkenes in die rosyntjiebedryf is op die bedryfsorganisasie, Rosyntjies SA, se spog galadinee by Kanoneiland in die Noord-Kaap vir hul toegewydheid en deursettingsvermoë vereer. Willie Hanekom van Keimoes is Donderdagaand as die beste leier in dié bedryf aangewys, terwyl Gawie Steyn van die Kanoneieland-distrik die beste innoveerder in die bedryf was. Biopelo Kookilwe het die eerbewys vir die beste plaaswerker ontvang, terwyl Dirk Crafford van Kalksluit die beste jongboer was. Lisa Hanekom van Keimoes is as die beste vroueboer aangewys. Kristy-Lee Isaacs was die beste student in die rosyntjiebedryf. Leon Laubscher en Johannes Fourie het ook eerbewyse ontvang vir hul waardevolle bydrae. Martin van Rooi ook van die Kanoneiland-distrik is as die beste opkomende boer aangewys. Hy het aan OFM se Pieter Möller, gesê hy het aanvanklik in 1993 as tuinwerker by nog 'n rosyntjieboer begin werk, maar sy passie was by die boerdery. Hy het toe verskeie opleidingskursusse voltooi. Van Rooi huur sowat 10 hektaar grond waarop hy rosyntjies produseer en het ook grond aangekoop waarop hy 'n kwekery bedryf.

EN

Die Rooivleisprodusente-organisasie in die Vrystaat moedig mense vanjaar aan om op Erfenisdag, wat ook nasionale braaidag is, rooivleis op die rooster te pak. Gielie Nieuwoudt, provinsiale voorsitter van dié organisasie, sê sodoende ondersteun verbruikers plaaslike produsente wat goeie gehalte vleis lewer. Die RPO in die Vrystaat het ook R1000 geskenk aan die OFM Braai Challenge ten bate van Choc, 'n organisasie wat kinders met kanker ondersteun. Erfenisdag word eerskomende Dinsdag gevier.




OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.