On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Alfa kry 'n nuwe baadjie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:26 Fri, 20 Sep 2019

Landbounuus-podcast: Alfa kry 'n nuwe baadjie | News Article

Die African Livestock Trade Fair, oftewel Alfa, wat vanjaar die vierde jaar agtereenvolgens by die Afridome in Parys in die Vrystaat plaasgevind het, gaan aanstaande jaar 'n nuwe baadjie aantrek.


Lynette Louw, uitvoerende hoof van Plaasmedia, 'n organiseerder van dié gewilde Alfa-vee-ekspo, sê daar is 'n ooreenkoms met Graan SA aangegaan. Alfa gaan volgende jaar op Nampopark buite Botaville in die Vrystaat plaasvind. Lynette Louw, uitvoerende hoof van Plaasmedia, 'n organiseerder van dié gewilde Alfa-vee-ekspo, sê daar is 'n ooreenkoms met Graan SA aangegaan. Alfa gaan volgende jaar op Nampopark buite Botaville in die Vrystaat plaasvind. 

Louw sê Nampo Alfa - lewende hawe, jag en buitelewe, sal volgende jaar na verwagting weer in September plaasvind en nie saam met GSA se Nampo-oesweek, wat gewoonlik in Mei plaasvind nie. Volgens haar was Alfa2019, wat Dinsdag in Parys begin het en tot Donderdag geduur het, vanjaar weer 'n groot sukses. Daar was groot belangstelling en hope uitstallers, kompetisies en ander bedrywighede in die veebedryf.

EN

'n Toegewyde en gemotiveerde rosyntjieboer van Kanoneiland by Upington, langs die oewers van die Oranjerivier in die Noord-Kaap, het elke geleentheid wat hom voorgedoen het met ope arms aangegryp. Martin van Rooi het nooit moed opgegee nie. Hy is Donderdagaand as die bedryfsorganisasie, Rosyntjie SA, se opkomende boer van die jaar aangewys. Van Rooi het aan OFM se Pieter Möller, wat dié organisasie se galadinee by Kanoneiland bygewoon het, gesê hy het in 1993 as tuinwerker by nog 'n rosyntjieboer in dié distrik, Gawie Steyn, begin werk. Dit was slegs die begin vir Van Rooi, wat besluit het hy wil hoër hoogtes in die rosyntjiebedryf bereik. Van Rooy het toe begin om verskeie opleidingskursusse te voltooi. Steyn is op Rosyntjies SA se galadinee as die beste industriële innoveerder aangewys. 



OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.