On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Hof gee 'duidelike boodskap' oor grondhervorming

───   12:23 Fri, 23 Aug 2019

Landbounuus-podcast: Hof gee 'duidelike boodskap' oor grondhervorming | News Article

Die Grondwethof se uitspraak met betrekking tot huurarbeiders en die aanstelling van 'n spesiale meester om grondeise te hanteer stuur 'n duidelike boodskap uit rondom die grondhervormingsdebat in Suid-Afrika.


Die hof het onlangs beslis 'n meester moet eise hanteer van mense wat die reg gehad het om as arbeiders op grond te leef en te werk. Dié eise moes voor 31 Maart 2001 ingedien word, maar dit is nie hanteer nie. 'n Grondregkenner, Hans-Jurie Moolman, sê dié hofuitspraak was ook aanduidend ten opsigte van die probleme rondom grondhervorming. Volgens hom sê die hof dit is nie die Grondwet, howe of die land se wette wat skuldig is aan die stadige pas van grondhervorming nie. Maar, dit is die institusionele onbevoegdheid van die departement om te doen wat die Grondwet vereis.    

Intussen sê Annette Steyn, die DA se skaduminister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, grondeise wat in die Staatskoerant gepubliseer word, plaas sekere beperkinge op grondeienaars. Steyn sê sy het vandeesweek 'n parlementêre vraag aan die landbouminister, Thoko Didiza, gestel oor die hoeveelheid grondeise wat in die Staatskoerant deur die grondeisekomissie gepubliseer is, omdat dit 'n invloed op die waarde van die grond het. Didiza het in haar reaksie aangedui daar is meer as 3 300 gepubliseerde grondeise wat nog nie verwerk is nie, en die grondeisekomissie het nog nie studies onderneem om vas te stel wat die impak van dié eise op dié grondwaarde het nie. 

EN

'n Sitrusboer in die Loskop-gebied in Limpopo, Piet Engelbrecht, is onlangs tot Agri Limpopo se president verkies. Engelbrecht, wat voorheen in die posisie waargeneem het, sê dit is 'n groot voorreg veral omdat hy glo georganiseerde landbou het 'n noodsaaklike rol om in Suid-Afrika te speel. Hy sê ondanks verskeie uitdagings kan produsente probleme stelselmatig en verantwoordelik saam aanpak. Lodewyk de Jager, 'n besproeiingsboer in die Watervalsrivier-vallei by Burgersfort, is op dié landbouorganisasie se jaarkongres as adjunk-president verkies.



OFM-nuus/Christal-Lize Muller en Vernon Baumann


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.