On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: VS SAPS vermoed twee betrokke by Boshof-moord

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:44 Mon, 15 Jul 2019

Landbounuus-podcast: VS SAPS vermoed twee betrokke by Boshof-moord | News Article

Die polisie in die Vrystaat vermoed twee mans is betrokke by die moord op 'n bejaarde egpaar op 'n plaas buite Boshof.


Polisiewoordvoerder, Wendy Nkabi, sê nog niemand is in verband met die moord op Sakkie en Ina van der Berg die afgelope naweek, in hegtenis geneem nie. Volgens haar is Sakkie Vrydag vermoedelik buite die plaashuis by 'n hek aangeval, waarna die aanvallers hom na die huis geneem het. Nkabi sê sover bekend word 'n vuurwapen en selfone vermis. Die polisie ondersoek onder meer klagte van moord en huisroof.

Intussen het Vrystaat Landbou (VL) die moord op Sakkie en Ina van der Berg op 'n plaas in die Boshof-distrik sterk veroordeel. Jakkals le Roux, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se veiligheidskomitee, sê plaasmoorde en -aanvalle in Suid-Afrika, wat boonop wreedaardig is, is onaanvaarbaar. Volgens Le Roux is altesaam sewe plaasmoorde al sover vanjaar in die Vrystaat aangemeld. Dit sluit die moord op die Van der Berg-egpaar in.

EN

Die Vrystaatse bejaarde egpaar, Sakkkie en Ina van der Berg, is wreed en koelbloedig in hul plaashuis vermoor. Dit was duidelik sigbaar aan die grusame moordtoneel nadat die egpaar se lyke Saterdag in hul huis op die plaas Bloubos buite Boshof in die rigting van Dealesville gekry is.  Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, sê lede van dié organisasie is betrokke en werk  saam met die polisie. Müller sê dit wil voorkom of Sakkie eerste aangeval is. Hy sê die egpaar se kluis in die huis is oop gevind en dit was leeg. Vuurwapens is vermoedelik gebuit waarna die aanvallers met die egpaar se bakkie op die vlug geslaan het.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.