On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: SA spog met hoof van Wêreldlandbou-organisasie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:50 Thu, 23 May 2019

Landbounuus-podcast: SA spog met hoof van Wêreldlandbou-organisasie  | News Article
Theo de Jager. Image: Farmer's Weekly

Dit is duidelik dat Suid-Afrika gehalte en kundige boere en landbouleiers het met die herverkiesing van Theo de Jager as president van die Wêreldlandbou-organisasie (WFO).


Dit is volgens Leon Borcherds, direkteur van dieSuider-Afrika Agri Inisiatief, oftewel Saai, waarvan De Jager die uitvoerendedireksievoorsitter is. Saai is onlangs in Suid-Afrika gestig om plaaslike boerete verteenwoordig. Borcherds sê De Jager se herverkiesing is 'n groot eer virdie land. De Jager het vandeesweek in Luxemburg die eerste Suid-Afrikaner geword wat vir 'n tweede termyn agter eenvolgens as president van dié organsies verkies is. Hy was ook in 2017 die eerste Suid-Afrikaner wat tot dié posisie verkies is. Saai se uitvoerende hoof, Francois Rossouw, wat steeds saam met De Jager in Luxemburg is, is ook vol lof vir sy kollega. 

Nog 'n leier in die Suid-Afrikaanse landboubedryf, Omri van Zyl, die uitvoerende direkteur van Agri SA, is vandeesweek tot fasiliteerder vir die globale koöperasies-werkgroep van die Wêreldlandbou-organisasie (WFO) verkies. Dié organisasie bring nasionale landbou-organisasies en -koöperasies van oor die wêreld heen saam en vergader tans in Luxemburg. Van Zyl sê dié werkgroep gee aan Agri SA 'n geleentheid om met internasionale spelers te skakel,  terwyl ’n vertoonvenster vir Suid-Afrika se eie wêreldklas agri-besighede verder uitgebou kan word. 

EN

Die soektog na 'n rondloper leeu, vermoedelik 'n wyfie, duur voort in die Vermaas en Bospoort landbougebied in Noordwes. Dit kom nadat die spore van 'n leeu Vrydag deur 'n boer in die gebied op sy plaas gesien is. Nog inligting is daarna ontvang van leeuspore in dié gebied. Die departement van Landelike, Omgewing en Landbou Ontwikkeling se Jonathan Denga, sê 'n spesialis op die gebied van die kontrole van probleemdiere, beamptes van die departement se biodiversiteit-afdeling, asook plaaslike boere, vorm deel van die soektog na die leeuwyfie. 'n Polisiehelikoper word ook gebruik. Denga sê daar is 'n sterk vermoede dat dit 'n wit leeuwyfie. Hy waarsku gemeenskappe om op hul hoede te wees en die leeuwyfie te vermy as sy gesien word. Mense kan hul naaste polisiekantoor bel indien die leeu gewaar word.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.