On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Landboubedryf negatief deur beurtkrag geraak

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:28 Fri, 22 Mar 2019

Landbounuus-podcast: Landboubedryf negatief deur beurtkrag geraak | News Article

Die instelling van beurtkrag deur Eskom is 'n reuse uitdaging vir Suid-Afrika in geheel, en die landboubedryf word ook negatief geraak.


Dit is volgens die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, wat meen daar word nou aanvaar dat beurtkrag 'n noodwendigheid is in die land. Hy sê daar is egter waardering vir hoe dit bestuur word, maar daar is steeds bestaande vrae oor hoekom die probleem so ver gevorder het. Daarmee saam neem Suid-Afrikaners kennis van die situasie in Mosambiek ná die tropiese sikloon Idai verwoesting gesaai en krag-uitvoer na Suid-Afrika belemmer het. Die probleem het nou vergroot met Eskom wat reeds beplan om fase 5- en fase 6-beurtkrag in te stel. Laubscher sê daarmee saam is die kragvoorsiener se onvermoë om by sy beplande beurkragskedule te hou alreeds 'n probleem vir boere oor die land heen. Eskom wyk gereeld daarvan af en dit ontwrig intensiewe boerderye.

Die meerderheid Suid-Afrikaners is steeds sonder grond. Die Pan Africanist Congress of Azania (PAC) se president, Narius Moloto, het Donderdag op die viering van Menseregtedag in Sharpeville gesê Suid-Afrikaners is daarom nie 'n normale nasie nie, want een van die belangrikste omskrywings van 'n nasie is toegang tot gemeenskaplike grond. Volgens hom is Suid-Afrikaners ingedoen en geregtigheid het nie geskied met samesprekings oor grondbesit nie. Moloto het gesê 'n nuwe ooreenkoms rakende grondbesit waarby die meerderheid Suid-Afrikaners kan baat, moet na die tafel gebring word.

EN

Die Departement van Landbou Bosbou en Visserey werk nou saam met die perdebedryf om beskermende maatreëls in die Afrika-perdesiekte besmette sone in plek te kry. Dit in 'n poging om uitbrekings daarvan te verminder. Daarmee saam wil DAFF nie te beperkend wees op die beweging en handel in besmette sone nie. Dit kom nadat uitbrekings van Afrika-perdesiekte gedurende Februarie en Maart vanjaar in Gauteng en Mpumalanga aangemeld is. Volgens die departement is geen uitbreiding van dié siekte in die Afrika-perdesiekte beheerde gebied in die Wes-Kaap, aangemeld nie. Dié siekte is endemies tot Suid-Afrika, behalwe vir 'n gedeelte in die Wes-Kaap. Uitbrekings kan van November tot Mei voor en kan 'n piek bereik van Februarie tot April afhangende van klimaatsfaktore soos reënval en temperatuur. Eienaars word  aangeraai om hul plaaslike staatsveeartse te kontak om vas te stel of plaaslike bewegingsbeperkings vir 'n bepaalde gebied ingestel is.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.