On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

PODCAST: Agri-nuus @ 11:00

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:32 Mon, 15 Oct 2018

PODCAST: Agri-nuus @ 11:00 | News Article

Saai- en veeboere in dele van die Vrystaat en Noordwes verwelkom die goeie reën wat die afgelope naweek in sekere gebiede geval het.


Jan Pienaar, 'n boer van Bultfontein in die Vrystaat, sê hy het Saterdag en Sondag altesaam 37mm reën op sy plaas gemeet. Volgens hom het dié reën op die regte tyd gekom, want die situasie rondom weiding was krities, omdat diere nie meer op landerye aan mieliereste kan wei nie. Boere het begin om hul landerye te bewerk. Pienaar sê die goeie reën word veral in aanloop tot die plantseisoen van somergewasse verwelkom. Boere in Viljoenskroon, Warden en Vrede in die Vrystaat; en dele in Noordwes soos Potchefstroom, Ventersdorp, Lichtenburg en Ottosdal, juig ook oor die afgelope naweek se goeie reën. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens is 78 mm in Saterdag in De Aar in die Noord-Kaap gemeet.

EN

Slagoffers van plaasaanvalle neem vandag deel aan 'n bespreking wat regstreeks op AfriForum se YouTube-kanaal uitgesaai word - waarin hulle hul ondervindinge, hartseer en sieninge daaromtrent met die wêreld wil deel. Dié bespreking sal deur Ernst Roets, AfriForum se adjunk-uitvoerende hoof en die skrywer van die boek, Kill the Boer, gelei word. Roets het aan OFM-nuus gesê dit is belangrik dat die onveilige situasie op plase en kleinhoewes, en bestaande geweld teen plaaslike landbougemeenskappe, beklemtoon word. Roets sê die inisiatief kom nadat president Cyril Ramaphosa onlangs in New York gesê het boere en wit boere word nie op plase in Suid-Afrika vermoor nie. Dié bespreking het reeds begin en duur tot 11:30. Roets sê dié opnames kan later op AfriForum se YouTube-kanaal gekyk word.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.