On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

PODCAST: Agri-nuus @ 13:30

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:22 Fri, 21 Sep 2018

PODCAST: Agri-nuus @ 13:30 | News Article
Photo: Supplied

'n Totaal van 67 000 hektaar grond het hierdie maand alleen in die Vrystaat gebrand.


Algemene bestuurder van die Vrystaatse Brandbeskermingsvereniging, Johann Breytenbach, het aan OFM-nuus gesê dat die grootste brand wat hierdie maand gerapporteer is, is die veldbrande in Groothoek wat ongeveer 22 000 hektaar land verwoes het. Die tweede grootste veldbrand wat 14 000 hektaar verwoes het, het in Tweeling uitgebreek toe die brand na bewering deur vonke van 'n verbygaande trein veroorsaak is. Twee van die brande net buite Boshoff is na bewering veroorsaak deur Eskom se toerusting wat nie behoorlik in stand gehou word nie. Breytenbach het aan OFM-nuus gesê die warmer temperature en langdurige droë toestande wat met die aanbreek van die lente geassosieer word, veroorsaak 'n verhoging in die brandrisiko-indeks. Breytenbachhet aan OFM-nuus gesê meeste van die brande is onder beheer.

EN

Hinterland se Nasionale Interras-vleisbeeskampioenskap was vanjaar een van die hoogtepunte op die African Livestock Trade Fair, oftewel die Alfa vee-ekspo, wat by die Afridome by Parys gehou is. Die nasionale wenners is Donderdagaand op 'n spogdinee aangewys. Die ekspo het Dinsdag begin en is met dié dinee afgesluit. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het die gewilde vee-ekspo bygewoon en doen verslag oor die nasionale wenners.

Intussen sê Albert Loubser, 'n organiseerder van dié ekspo wat vanjaar vir die derde jaar agtereenvolgens aangebied is, dié vee-ekspo het weer groot aftrek gekry. Volgens hom was dit 'n bedrywige week, maar die ekspo het alle verwagtinge oortref.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.