On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

PODCAST: Agri-nuus @ 11:00

───   12:46 Fri, 21 Sep 2018

PODCAST: Agri-nuus @ 11:00 | News Article

Suid-Afrika se afslaerskampioen vir 2018 is Barco van Niekerk van Kimberley in die Noord-Kaap.


Die 34-jarige Van Niekerk is Donderdagaand op die Alfa vee-ekspo by die Afridome by Parys in die Vrystaat aangewys. Hy was een van agt finaliste van oor die land heen wat vanjaar na Toyota SA se Nasionale Jong Afslaers-kompetisie deurgedring het. Dié kompetisie is  op dié gewilde vee-ekspo beslis. Van Niekerk, wat reeds 'n afslaer by GWK se stoetvee en lewende hawe-afdeling is, sê dit was 'n groot eer om aan dié kompetisie deel te neem. Hy sê daar was vanjaar goeie mededingers, en dié kompetisie is beslis 'n goeie platform vir jong afslaers, of mense wat dié bedryf wil betree, om meer ondervinding op te doen. Die ander finaliste in did kompetisie was Danie Raath, Matthew Fyvie en Ismail Laher van KwaZulu-Natal,  Luan van der Walt van Gauteng, Flekkie du Toit en Johnny Ackerman van Noordwes asook JP Marais van die Wes-Kaap. Van Niekerk se wenprys behels 'n besoek aan Kanada volgende jaar, waar hy die geleentheid gaan kry om meer te leer oor die bedryf. Hy gaan ook in 'n kompetisie teen ander afslaers in die wêreld meeding.  Die Alfa vee-ekspo het Donderdag ten einde geloop.

Die grootste brandstofprysstyging tot hede word deur die AA vir Oktober voorspel, met landbou-ekonoom, Paul Makube, wat aan OFM-nuus gesê het hierdie prysverhoging sal 'n direkte impak op die landbousektor hê. Diesel is nou volgens Graan SA die tweede grootste uitgawe van boerderye, met kunsmis bo-aan die lys van uitgawes vir die 2018/19-seisoen se somergewasproduksie. Makube het verder verduidelik dit gaan nou moeiliker wees vir boere om items na markte en verwerkingsaanlegte te vervoer.

EN

Vrystaat Landbou se insiatief, Vriende van Landbou, het heel koffiebone in 250 gram verpakkings beskikbaar gestel om te verkoop. Die wins daarvan sal aangewend word vir dié insiatief se noodfonds wat ondersteuning aan boere in krisistye verskaf.  Vrystaat Landbou se uitvoerende hoof, Gerhard Kriel, sê die noodfonds sal spesifiek aangewend word om boere wat skade gelei het weens wegholveldbrande in di provinsie te help. Dié produk is vanjaar op die Alfa vee-ekpo by die Afridome in Parys bekendgestel. Kriel sê die verspreiding van die produk is steeds in 'n beginfase, maar belanghebbendes kan die webwerf www.vlvriende.org besoek.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.