On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

OFM-landbounuusbulletin: PODCAST 18 Julie 2018

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:10 Thu, 19 Jul 2018

OFM-landbounuusbulletin: PODCAST 18 Julie 2018 | News Article
Minister van landbou, bosbou en visserye, Senzeni Zokwana FOTO: Twitter

In die hoofstorie: Suid-Afrikaners moet streef daarna om soos Nelson Mandela te leef.


Hy was nie selfgesentreerd nie, maar het eerder op die welstand van mense gefokus. Dit was die minister van landbou, bosbou en visserye, Senzeni Zokwana, se boodskap op  Mandeladag by die Jean Webber-huis vir mense met ernstige gestremdhede in Bloemfontein.  Sokwana het dié huis besoek om te sien wat die inwoners, waarvan die meeste in rolstoele is, se projek behels om 'n organiese groentetuin te maak.

In nog 'n storie: Besproeiingsboere wat water uit die Oranjerivier in die Vrystaat gebruik met waterbeperkings wat deur die Departement van Water en Sanitasie in die provinsie ingestel is, gehoorsaam.  Dit kom nadat die Gariepdam, wat die Oranjerivier voed, 'n effense daling in sy onlangse watervlak getoon het.

En, Die Western Genetic Brangus-veldbulklub gaan die bevindings van 'n projek waarin bulle op die veld met mekaar vergelyk is Donderdag op 'n boeredag in Boshof in die Vrystaat bekendmaak. Dié klub wat deur die Wes-Vrystaat se Brangusklub gevorm is het lede van Bloemfontein, Winburg tot in die Kalahari.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.