On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

R31-pad Dinsdagmiddag oopgestel

───   08:12 Tue, 16 Feb 2021

R31-pad Dinsdagmiddag oopgestel | News Article

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap, SANRAL, sê die R31-pad tussen Postmasburg en Kimberley gaan Dinsdagmiddag om vyf-uur oopgestel word nadat dringende herstelwerk gedoen is weens vloedwater wat die pad en brûe beskadig het.

'n Stop-en-ry-beheerpunt is tans op die pad in werking voordat dit heeltemal oopgestel gaan word. 

McDonald Silingile van die provinsiale Departement van Openbare Werke, Paaie en Infrastruktuur, sê die heropening van dié pad bring verligting omdat nie net die plaaslike ekonomie daaronder gely het nie, maar ook inwoners van nedersettings langs die pad. 

Die watervlakke het intussen drasties afgeneem terwyl brûe  ook herstel is. Die departement en SANRAL sê egter motoriste moet steeds versigtig wees wanneer hulle in die gebied bestuur.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.