On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Een baan van R27-pad in NK weer oop

───   10:35 Mon, 15 Feb 2021

Een baan van R27-pad in NK weer oop | News Article
File Photo

Die Kai !Garib-munisipaliteit in die Noord-Kaap sê dit het - ná konsultasie met die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap, Sanral - besluit om die R27-pad oop te maak.

Slegs een baan is tans toeganklik met 'n stop-en-ry beheerpunt vir motoriste. Die munisipaliteit sê dit hou stygende watermassas noukeurig dop om inwoners se veiligheid te verseker. Daar word ook 'n beroep op motoriste en plaaslike inwoners gedoen om uiters versigtig te wees - veral weens brûe in die gebied wat oorstroom is. 

Die R27 verbind die Noord-Kaap met die aangrensende Wes-Kaap, en dien 'n belangrike ekonomiese doel.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.