On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Vier mense dood op N1

───   SAZLY HARTZENBERG 10:33 Sun, 20 Jan 2019

Vier mense dood op N1 | News Article
Photo Supplied

Vier mense is dood, en twee is beseer, toe 'n ongeluk vanoggend 80 kilometer buite Bloemfontein op die N1 suid plaasgevind het.


Volgens 'n ooggetuie blyk dit dat 'n vragmotor en 'n ligte motor gebots het. Een baan op die N1 tussen Bloemfontein en Johannesburg is steeds gesluit. Owerhede is tans op die toneel. ER24 se woordvoerder, Ineke van Huyssteen, het gesê paramedici het die mense behandel en hulle is na 'n plaaslike hospitaal vervoer vir verdere behandeling. Die presiese omstandighede rondom die voorval is nie bekend nie, maar verdere ondersoeke duur voort.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.