On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Opvolgreën kan nog vandeesmaand in die sentrale binneland voorkom

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:50 Mon, 02 Mar 2020

Opvolgreën kan nog vandeesmaand in die sentrale binneland voorkom | News Article
Tonie Rossouw

Opvolgreën kan vandeesmaand in gebiede in die Vrystaat en Noordwes voorkom, terwyl sommige droogtegeteisterde gebiede in die Noord-Kaap ook reën kan verwag.


Tonie Rossouw, ‘n senior voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, sê droë en warm toestande kom vandeesweek oor die grootste deel van die sentrale binneland voor, maar daar is goeie nuus vir boere in Namakwaland in die Noord-Kaap teen die naweek. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê teen die naweek kan vogtige lug by die Weskus suidwaarts beweeg en reën kan in die Namakwaland-gebied voorkom. Enkele donderbuie kan in die sentrale deel voorkom en boere wat lusern wil sny, sal veilig wees as hulle dit vandeesweek voor die naweek doen.  

Hy sê die langtermyn-voorspelling vir reën is ietwat van ‘n tameletjie, omdat daar aanvanklik minder reën as normaalweg vir die tydperk Februarie, Maart en April voorspel is. In teenstelling daarmee het meer reën as normaalweg in dié tydperk voorgekom.

In Oktober het dié voorspelling bo-normale reën in Desember, Januarie en Februarie vanjaar voorspel. Reën het egter in Desember in talle gebiede nie gerealiseer nie. Hy meen dié tydperk is nou met ‘n maand aangeskuif, met goeie vooruitsigte op reën vandeesmaand.

Dit is nou ‘n uitstekende seisoen vir die landboubedryf, sê Rossouw.

Hy meen boere het redelik vroeg hul somergewasse aangeplant die seisoen en ten opsigte van die eerste ryp, hoef boere vir nou nie bekommerd te wees nie.

Dit was Tonie Rossouw, ‘n voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, slegs op Before Dawn.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.