On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

#Budget2020: Mboweni moet landbou onthou

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:39 Wed, 26 Feb 2020

#Budget2020: Mboweni moet landbou onthou | News Article
Nicol Jansen

Die minister van finansies, Tito Mboweni, het reuse-uitdagings wat hy moet aanspreek wanneer hy later vandag sy begrotingsrede in die Parlement lewer.


Sy begroting gaan van kardinale belang wees om 'n balans te vind tussen besteding om die land se ekonomie aan die gang te kry en die behoud van die inkomstestrome, asook die beperking op die fiskus en besparingsmaatreëls wat nodig is om geldelik volhoubaar te wees. Dit is volgens Nicol Jansen, voorsitter van Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid vir ekonomie en handel, wat meen in terme van landbou is dit belangrik dat Mboweni die droogtesituasie in ag neem. Mboweni se plan met Eskom hou ook groot belang vir landbou in, terwyl transformasie en grondhervorming slegs kan geskied met ‘n volhoubare befondsingsmodel.

Hier is Jansen…


Sien onderstaande PODCAST


Jansen, wat ook die president van Agri Noord-Kaap is, sê Mboweni sal ook in ag moet neem dat dié provinsie, asook aangrensende dele van die Wes- en Oos-Kaap, die ergste droogte in menseheugenis ondervind. ‘n Provinsie soos die Noord-Kaap kan in die stadium nie sy inkomste vir die fiskus lewer nie weens 'n ramp wat ‘n ernstige negatiewe impak op die langer termyn vir die land se landbou-ekonomie en inkomstestrome vir die fiskus kan hê. Dit is uiters belangrik dat die sentrale regering sy verantwoordelikheid ten opsigte van die stabilisering van die ekonomie in veral die Noord-Kaap in hierdie hoedanigheid besef. ‘n Aankondiging moet gedoen word ten opsigte van die stabilisering van die ekonomie, sodat hierdie deel van die landbou-ekonomie weer sy inkomste tot die fiskus en die bruto binnelandse produk (BBP) kan lewer.

Hy sê Agri SA sal die begroting fyn dophou, veral met betrekking tot Mboweni se plan ten opsigte van Eskom en hoe dit voortaan volhoubaar bestuur kan word. Elektrisiteitverskaffing is belangrik vir landbou ten opsigte van die volhoubaarheid van dié bedryf. Die sekerheid van energie en die koste daarvan, wat reeds die afgelope vyf jaar verdubbel het, het druk op landbou geplaas. Dié bedryf is baie sensitief vir verdere prysverhogings, wat ver bo inflasie is.  

Volgens Jansen is grondonteining sonder vergoeding op die voorgrond in die regering se poging om transformasie te bevorder, maar sonder 'n befondsingsmodel sal transformasie nie suksesvol wees nie. Daar moet dus baie sinvol begroot word daarvoor.

Mboweni sal ook ‘n deel van sy begrotingskoek aan biosekuriteit moet afstaan. Veesiektes soos bek-en-klouseer kos Suid-Afrika geweldig baie geld en dit is belangrik dat die nodige befondsing daargestel moet word om uitbrekings voldoende te bestuur.

Dit was Nicol Jansen voorsitter van Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid vir ekonomie en handel.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.