On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Talle plaasaanvalle verlede jaar in VS afgeweer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:34 Wed, 26 Feb 2020

Talle plaasaanvalle verlede jaar in VS afgeweer | News Article

Vrystaat Landbou (VL) en die BKB-veiligheidslessenaar se statistieke oor plaasaanvalle en –moorde, wat op ‘n finansiële jaargrondslag geskoei is, toon ‘n toename in aanvalle en moorde in dié provinsie verlede jaar.


Altesaam 43 aanvalle het op plase en kleinhoewes in die Vrystaat voorgekom, terwyl daar altesaam agt moorde was. Dr. Jane Buys, ‘n veiligheidsrisiko-ontleder by Vrystaat Landbou, sê plaasaanvalle in dié nege maande verlede jaar is meer teenoor die vorige hele finansiële jaar se 48 aanvalle. Daar is dus ‘n toename van 30% in aanvalle op plase en ‘n 50%-toename in terme van moorde. Sy het aan OFM-nuus se Christal-Lize Muller vertel ondanks dié toename is plaasmoorde afgeweer.


Sien onderstaande PODCAST...


Buys sê agt aanvalle op plase het in dié nege maande voorgekom. Inligting wat geredelik beskikbaar is in landbougemeenskappe het daartoe gelei.  

Volgens haar is dit moeilik om te bepaal of roof die oorwegende motief vir aanvalle op plase en kleinhoewes is. Buys doen opnuut ‘n beroep op boere om deel te wees van hul landbougemeenskap, dit geld bestaans- en opkomende boere, en om in te skakel by ge-organiseerde landbou se veiligheidstrukture. Daar moet ook verhoudings met mede-boere gevorm word, terwyl boere alternatiewe kommunikasiemeganismes soos onder meer ‘n alternatiewe selfoon, of ‘n radiostelsel, moet oorweeg.

Sy verwys na VL se bestaande veiligheidskontrolelys wat hoofsaaklik tekortkominge ten opsigte van veiligheid uitlig. Die lys, wat deel is van VL se veiligheidshandleiding, is beskikbaar by veiligheidsverteenwoordigers van die betrokke landbouverenigings en gebiedskantore. Die nasionale landelike beveiligingstrategie wat verlede jaar in Oktober bekendgestel is, het vier pilare gehad waarop daar gefokus is en met die hersiende strategie is nog vier fokuspunte bygevoeg. Sy sê die Vrystaat wag vir bevestiging vanaf die polisie om dié strategie, met die Nasionale Vervolgingsgesag wat die hoof primêre rol speel, in die Vrystaat in te stel. Sy sê dié proses sal na verwagting in Maart en April in al die gebiedskantore van die polisie realiseer.

Dit is belangrik om te onthou in terme van dié strategie is daar altyd haakplekke, veral met die beskikbaarheid van die polisie se hulpbronne soos of daar genoegsame voertuie, toerusting, en mannekrag is. Buys sê dié strategie fokus ook op beter en meer samewerking tussen belanghebbendes en private sekuriteitsmaatskappye en private vennootskappe moet gevorm word. Die laaste fokuspunt is dat die georganiseerdheid van misdaad binne dié landelike veiligheidstrategie aangespreek moet word.

Dit was dr. Jane Buys, ‘n veiligheidsrisiko-ontleder by Vrystaat Landbou (VL). Sover bekend is nog niemand in verband met die aanval om Mimie Jacobs in hegtenis geneem nie. Sy is in ‘n bestendige toestand. Enigiemand met inligting oor dié aanval kan hul naaste polisiekantoor bel.  


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.