On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Boere in droogtegebiede kan nou van 24-uur hulplyn gebruik maak

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 02:16 Thu, 13 Feb 2020

 Boere in droogtegebiede kan nou van 24-uur hulplyn gebruik maak | News Article

Die Noord-Kaapse NG-kerk sinode het 'n ad-hoc taakspan vir gemeenskapsversorging saamgestel om hoofsaaklik geld in te samel en boere in droogtegeteisterde gebiede te ondersteun.


Ds. Christo Jonck, wat ook 'n deeltydse boer is van die NG-gemeente Kuruman-De Oog, sê die fokus is op die kerk se unieke taak om pastorale en humanitêre versorging te verleen. Hy sê daar is sterk fokus op die Noord-Kaapse gemeenskap en die Caritas-gemeenskapfokus is daartoe verbind om gemeenskappe te ondersteun. Daar is aanvanklik op vroeë kinderontwikkeling gefokus, maar dit is ook nou ingestel op boere se welstand. Daarom is daar 'n 24-uur-hulplyn beskikbaar gestel om boere wat dit benodig emosioneel te ondersteun. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Jonck gepraat... 


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê mense in verafgeleë gebiede in dié provinsie is geïsoleerd en benodig emosionele ondersteuning weens die groot impak wat die voortslepende droogte op hulle gemoedere het. Hulle het iemand nodig om aan hulle perspektief te geen en by wie hulle kan ontlaai. Dié noodnommer word 24-uur beman en word deur 'n terapiesentrum ondersteun. Dié hulplyn fokus op die psigiese versorging van individue, terwyl daar ook 'n mate van humanitêre hulp verleen word. 

Hy nooi mense uit om van dié hulplyn gebruik te maak. Die nommer is 083-415-1484.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.