On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Grobank borg Africa Agri Tech konferensie en expo

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:14 Thu, 06 Feb 2020

Grobank borg Africa Agri Tech konferensie en expo | News Article

Grobank, wat voorheen bekendgestaan het as die South African Bank of Athens, fokus nou op die rol van tegnologie in die landboubedryf asook die bankwese.


Dié bank is nou in die proses om in 'n kommersiële landboubank omskep te word. Bennie van Rooy, uitvoerende hoof van Grobank, sê hulle besef  tegnologie is die toekoms en die volhoubaarheid van die landboubedryf. Juis daarom is die bank vanjaar 'n hoofborg van die Africa Agri Tech, oftewel AAT, konferensie en ekspo wat later vandeesmaand in Pretoria plaasvind en fokus op die impak van die nuutste vooruitgang op die gebied van wetenskap en tegnologie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van Rooy gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê dié AAT-konferensie is 'n ideale geleentheid vir Grobank om homself bekend te stel, veral omadat daar op dié konferensie gepraat gaan word oor die spesifieke aspekte wat 'n groot rol in die landbousektor gaan speel.

Van Rooy sê besoekers aan die konferensie kan insiggewende en doelgerigte gesprekvoering verwag oor onder meer die rol van tegnologie in landbou en die voordele wat dit inhou vir boere om van nuwe tegnologiese ontwikkeling gebruik te maak as deel van hul produksieprossesse.

Dit in 'n poging om aan besoekers nuwe idees te verskaf wat tot die volhoubaarheid van prossesse en die winsgewendheid van hul bedrywighede kan lei. Hy sê dié bank is betrokke by tegnologiese gesprekke in die bankwese.

Dit was Bennie van Rooy, uitvoerende hoof van Grobank, slegs op Before Dawn. Die Africa Agri Tech-konferensie en ekspo is van 18 tot 20 Februarie by die Sun Arena en Maslow Hotel in Menlyn. Die konferensie is daagliks van 08:00 tot 13:00 en weer om 14:00 en 17:00, terwyl uitstallings daagliks vanaf 14:00 tot 17:00 besoek kan word. Vir meer inligting besoek media@africa-agri.co.za.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.