On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Veldbestuur belangrik ná eerste reën in Karoo

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:02 Tue, 14 Jan 2020

Veldbestuur belangrik ná eerste reën in Karoo | News Article

Goeie beplanning en veldbestuur is nou noodsaaklik in Karoo-gebiede nadat van die boere reën gehad het.


Wilhelm Steenkamp, ‘n skaapboer van Williston in die Noord-Kaap sê boere moet nou goeie bestuur van hul natuurlike weiding, wat hoofsaaklik die Karoobossie insluit, toepas sodat hulle later die beste uit hul veld kan kry. Volgens hom moet diere nie nou, nadat dit gereën het, in weidingskampe ingejaag word nie sodat die veld kan herstel.

Hy sê die Karoobossie se groeitydperk neem lank en dié bossie moet nuwe lote maak om die beste uit jou veld te kry. Karoobossies verander nie oornag nie en het tyd nodig om te groei en lote te.

Daarmee saam glo hy dit gaan boere nog etlike jare neem om ten volle in produksie te kom. Opvolgreën is ook broodnodig, maar hy glo dit gaan ‘n nat somer in die Karoo wees.

Steenkamp het verlede Dinsdag 34mm reën op sy plaas gehad.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus






Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.