On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Reënval nie wydverspreid in droogtegeteisterde NK, droogte nie gebreek

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:59 Mon, 13 Jan 2020

Reënval nie wydverspreid in droogtegeteisterde NK, droogte nie gebreek | News Article

Hoewel dit in die Noord-Kaap begin reën het, was dit kol-kol en nie wydverspreid nie.


Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, sê dit is noodsaaklik om te beklemtoon die droogte is steeds nie gebreek nie, ondanks neerslae verlede week in gebiede soos die sentrale, suidelike en westelike Noord-Kaap, waar die droogte die grootste impak het. Hy sê bogemiddelde reën is nodig in die droogterampgebied, en daarmee saam is dit nie meer moontlik om die droogte te breek nie, veral weens die feit dat daar slegs drie maande van die somerreënvalseisoen oor is in die grootste deel van die Noord-Kaap. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê dit is frustrerend dat inligting oor nat toestande in gebiede op sosiale media versprei word, terwyl reën nie wydverspreid voorgekom het nie. Dit het in dorpe soos Williston goed gereën, maar buite die dorp is daar boere wat aansienlik minder reën op hul plase gehad het. Daar is selfs boere in dieselfde distrik wat slegs enkele druppels reën gehad het.

Jansen vra die publiek om sensitief te wees en daarop te let om nié die indruk te skep dat die droogte gebreek is nie. Dit ontmoedig boere.

Waar reën ‘n mate van verligting gebring het, maak boere steeds staat op opvolgreën en maatreëls moet in plek kom wat dit moontlik maak vir produsente, wat nou platsak is, om goedkoper kapitaal te bekom. Hy sê lae rentekoerskapitaal word beskikbaar gestel sodat boere se kontantvloei nie negatief geraak word nie. Boere kan dan hul kernkudde vinniger uitbrei en produksie hervat.

Intussen het die minister van menslike nederstettings, water en sanitasie, Lindiwe Sisulu, die Noord-Kaap die afgelope naweek is 'n droogterampgebied verklaar. 


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.