On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Williston-boer se jong kinders sien reëndruppels die eerste keer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:56 Mon, 13 Jan 2020

Williston-boer se jong kinders sien reëndruppels die eerste keer | News Article

‘n Boer van die Williston-distrik in die Noord-Kaap se jong kinders se verbasing was groot toe hulle vir die eerste keer werklike reëndruppels gesien het.


Wilhelm Steenkamp van die plaas Rietvlei sê dit het verlede Dinsdag 34mm op sy plaas gereën en daar is weer ‘n huppel in talle boere in dié distrik se stap nadat hulle tussen 15mm en 35mm reën gehad het. Ook sy kleuter-kinders se eerste ervaring van reën was besonders. Hy sê al het dit nie veld of geld gereën nie bring dit vir talle boere weer nuwe hoop.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê droogtetoestande duur al vir die afgelope sewe jaar voort in die gebied en al is die droogte nog geensins gebreek nie, is boere weer lus vir die lewe. Opvolgreën is egter noodsaaklik vir natuurlike veld (hoofsaaklik die karoobossie) om te herstel.

Steenkamp sê in die droogtetoestande was dit moeilik om kop bo water te hou, maar hy het alles in die stryd gewerp om sy uitgawes tot die minimum te beperk in ‘n poging om sy kernkudde aan die gang te hou, sodat hy vinniger weer in produksie kan kom ná die reën.

Dit was Wilhelm Steenkamp van die Williston-distrik in die Noord-Kaap.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.