On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

#Net'nDruppel: 'Dit gaan nie geld of veld reën nie', maar reën kan produksie verbeter, sê NK-boer

───   05:14 Wed, 11 Dec 2019

#Net'nDruppel: 'Dit gaan nie geld of veld reën nie', maar reën kan produksie verbeter, sê NK-boer | News Article
Joe Scholtz FOTO: Blaine Jones

Talle boere in die Noord-Kaap is in ‘n geldelike verknorsing en as milde reën verligting bring, gaan dit baie help om hulle nood te verlig.


Dié boere het probleme met kontantvloei en die broodnodige reën gaan boere in staat stel om hul uitgawes te beperk en weer begin met die produksie van hul lewende hawe. Joe Scholtz, ‘n boer van die plaas Patrysfontein by Griekwastad, sê hy weet dit gaan nie geld of veld reën nie, maar dit gaan boere in ‘n mate behulpsaam wees. Scholtz se plaas is op GWK en Agri Noord-Kaap se "Net 'n Druppel"-inisiatief deur die media besoek sodat hy sy omstandighede met die media kan deel. Scholtz, wat met skape, beeste en wild boer, sê hy het die helfte van sy kuddes verminder en dit is nou ‘n krisis om te oorleef.

OFM-nuus se Blaine Jones het met hom gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Scholtz sê welkome reën het Maandag op sy plaas geval, en al het dit kol-kol gereën het hy tussen 25mm en 40mm op verskeie plekke op sy plaas gemeet. Dit is vir hom lekker om op nat grond te staan en hy is dankbaar vir elke druppel, maar opvolgreën is nou dringend nodig. Boere in dié distrik bly hoop op nog reën, terwyl ander angstig wag vir die eerste goeie reën dié seisoen. 


OFM-nuus/Blaine Jones



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.