Agri Hour
Bek-en-klouseer: Besmette beeste in Limpopo in voerkrale gehou─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:46 Mon, 09 Dec 2019
Die onlangse bek-en-klouseer uitbreking onder beeskuddes in Limpopo kom in die stadium op 11 kommersiële plase voor.
Sowat 14 000 beeste word geraak. Dr. Pieter Vervoort, besturende direkteur van die Nasionale Dieregesondheidsforum, sê die probleem is egter nie so groot nie, want al die besmette beeste word in voerkrale aangehou. Daar is ook geen diere wat positief getoets het vir die siekte in kommuniale gebiede nie. Hy sê dié besmette diere sal later beheerd geslag word vir normale gebruik in die waardeketting.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…
Sien onderstaande PODCAST
Vervoort sê al die besmette diere gaan geslag word omdat bek-en-klouseer slegs spleethoewige diere aantas en daarom is dit dus veilig om dié diere met betrekking tot handel te gebruik.
OFM-nuus