On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Agri Hour

Aggeneys-distrik bykans ‘n woestyngebied - #LandbouHoop

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:02 Fri, 22 Nov 2019

Aggeneys-distrik bykans ‘n woestyngebied - #LandbouHoop | News Article
FOTO: Boeredroogtehulp SA

Daar is groot dankbaarheid in die Aggeneys-distrik in die Noord-Kaap nadat Boeredroogtehulp SA Donderdag ‘n vrag vol groot bale van mieliereste afgelewer het.


Hester Maasdorp, wat op die plaas Zuurwater met skape, beeste en bokke boer, sê dit is ‘n onbeskryflike gevoel wanneer mense uitreik na boere om hulp te verleen. Sy sê die impak van die droogte in dié gebied is kritiek. Sy en haar man, Deon, se plaas is ‘n semi-woestyn met geen plantegroei meer nie en daar is slegs rooisand waar ‘n mens kyk. 

Dié graad van droogte is vir hulle baie erg en ‘n uiterste slegte situasie, verduidelik sy.

Maasdorp sê hulle oorleef slegs op Deon, wat by die plaaslike myn in dié gebied werksaam is, se inkomste. Dit gaan broekskeur, maar hul kernkudde, wat aansienlik verminder moes word weens geen weiding op die plaas nie, se voeding is vir hulle van groot belang en hulle poog deurlopend om geld af te knyp vir veevoer, maar vervoerkoste is duur.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Maasdorp gepraat….  


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Hester Maasdorp van die plaas Zuurwater in die Aggeneys-distrik in die Noord-Kaap, slegs op Before Dawn. OFM moedig luisteraars aan om betrokke te raak by die onderskeie droogtehulpprojekte wat ten doel het om landbougemeenskappe in droogtegeteisterde dele van die land te ondersteun. OFM het 'n webblad geskep waarop luisteraars inligting oor die droogtesituasie in die sentrale binneland kan verkry. Geldelike skenkings of ander bydraes kan ook op dié webtuiste aan bestaande projekte gemaak word. Skakels van organisasies, soos Boeredroogtehulp SA, se webtuistes of Facebookblaaie is op hierdie OFM-blad beskikbaar. Gaan na ofm.co.za, kliek op die Agri Aid-banier op die tuisblad om toegang te verkry. Vir die jongste nuus volg die hutsteken #LandbouHoop. Deel ook jou droogtehulpprojekte met OFM en stuur 'n e-pos na news@ofm.co.za of WhatsApp na 084-222-9497.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.