On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

#SADrought: Ramptoestande nou in vier provinsies

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:18 Fri, 15 Nov 2019

#SADrought: Ramptoestande nou in vier provinsies | News Article
FOTO: Agri SA

Agri SA het vandeesweek sy landbou-droogteverslag op ‘n mediakonferensie in Pretoria bekendgestel. Dié verslag dui aan dat die situasie in die Noord-, Wes-, en Oos-Kaap asook Limpopo in ‘n reuse-krisis is.


Agri SA se uitvoerende direkteur, Omri van Zyl, sê daar is gebiede waar veral die lewendehawebedryf, tuinbou - wat vrugtegewasse insluit- en agronomie, oftewel gewasproduksie, negatief geraak word. Produsente in die Noord-Kaap is genoop om hul kuddes uit te dun, terwyl daar boere is wat slegs 30% van hul kuddes oor het. Voedselsekerheid is nou in die gedrang en geldelike regeringshulp moet aan alle boere verleen word.)

Hy sê boere het kontanvloei-probleme wat uitkring na die bereë gemeenskap, terwyl dorpe se ekonomieë nou knak. Van Zyl sê Agri SA het ook van die geleentheid gebruik gemaak om aanbevelings aan die regering te maak, wat ‘n ingryping in dié verband is op nasionale vlak nodig. Hy sê reënval in die komende paar weke gaan ‘n bepalende rol speel in saaigebiede in die sentrale binneland (Vrystaat en Noordwes) ten opsigte van nattoestande wat gunstig is vir die aanplant van somergewasse, hoofsaaklik mielies.

Agri SA se verslag toon dat die gemiddelde vlak van damme in die Vrystaat 12,75% laer is as verlede jaar. Die dele in dié provinsie wat die swaarste geraak word, is Bultfontein, Hoopstad, Hertzogville, Boshof, Dealesville, Koffiefontein, Fauresmith en Phillipolis. Die verre westelike deel van Noordwes word die ergste geraak deur die droogte en het die afgelope ses jaar ondergemiddelde reënval gehad. Dit sluit onder meer Brey, Toska en Gemsbokvlakte in.


Sien onderstaande PODCAST


Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.



OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.