On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Kommersiële Limpopo-plaas onder kwarantyn ná nog ‘n bek-en-klouseer-uitbreking

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:52 Tue, 12 Nov 2019

Kommersiële Limpopo-plaas onder kwarantyn ná nog ‘n bek-en-klouseer-uitbreking | News Article
FOTO: Rooivleisprodusente-organisasie (RPO)

‘n Kommersiële plaas by Molemole, noord van Polokwane in Limpopo, is onder kwarantyn geplaas, nadat die Departement van Landbou ‘n geval van bek-en-klouseer onder ‘n trop beeste bevestig het.


Dr. Pieter Vervoort, voorsitter van die Nasionale Diergesondheidsforum, sê dit is ‘n poging om te verseker dat dié siekte nie na ander gebiede versprei nie. Vervoort sê volledige terugvoer moet eers verskaf word, voordat hy gaan bevestig hoeveel beeste op dié Limpopo-plaas positief vir bek-en-klouseer getoets het. Vervoort sê egter die situasie is in die stadium onder beheer. Taakgroepe is gevorm om die uitbreking te hanteer.

Dié uitbreking is ook nie goeie nuus vir die uitvoer van produkte van gesplete hoefdiere nie, veral nadat Suid-Afrika sedert die uitbreking van bek-en-klouseer in Januarie vanjaar in die Vhembe-distrik in Limpopo weer hard gewerk het om handelsbande te smee met sy bestaande handelsvennote. Dit kom nadat die Wêreld-organisasie vir Dieregesondheid, oftewel die OIE, weens die uitbreking van dié virrussiekte in Januarie Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye status tydelik opgeskort het. Daar is ‘n verbod geplaas op die uitvoer van produkte van diere met ‘n gesplete hoef, wat onder meer beeste, skape, bokke, varke en wild insluit, maar daar is lande wat nou weer Suid-Afrikaanse produkte toelaat.  

Vervoort sê die jongste uitbreking verlede week is nie ‘n aangename situasie vir Suid-Afrika nie, want dit kan moontlik handelsprobleme veroorsaak, maar dit is egter nog té vroeg vir bespiegelinge.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Vervoort gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Dr. Pieter Vervoort, besturende direkteur van die Nasionale Dieregesondheidsforum, slegs op Before Dawn. Skakel Woensdagoggend in op Before Dawn, wanneer Vervoort verder praat oor die feit dat daar nou aanspreeklikheid geneem moet word vir uitbrekings van dieresiektes en die rol wat produsente daarmee kan speel.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.