On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Pluimvee-meesterplan fokus op swart boere se ontwikkeling

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:46 Tue, 12 Nov 2019

Pluimvee-meesterplan fokus op swart boere se ontwikkeling | News Article

Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging is optimisties oor ‘n nasionale meesterplan vir dié bedryf, wat deur die Minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Ebrahim Patel, op pres. Cyril Ramaphosa se beleggingskonferensie in Gauteng aangekondig is.


Izaak Breitenbach, hoofbestuurder van dié vereniging, sê produsente, invoerders en vakbonde het in dié plan ‘n omvattende ooreenkoms bereik om die pluimveebedryf te bevorder. Een daarvan is die fokus op swart bemagtiging in dié bedryf met ‘n verdere 50 boere wat ondersteun gaan word. Hy sê 70 opkomende boere is al bemagting en is reeds goed in die bedryf gevestig.

Kleinboere gaan ook meer ondersteun word om kundiges in die bedryf te word, deurdat meer kuikens wat ‘n dag-oud is, beskikbaar gestel gaan word. Daarmee saam gaan voer ook meer gereeld aan dié boere verskaf word, gevolg deur ‘n betekenisvolle opleidingsprogram wat aangedryf gaan word deur landbouvoorligters van die regering wat dié kleinboere gaan oplei.

Hy sê in dié meesterplan is daar verder met invoerders ooreengekom dat voedselveiligheid van groot belang is. Dit is onwettig om hoender te ontdooi en dan as vars hoender te bemark en te verkoop. Breitenbach waarsku verbruikers daarteen.


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Izaak Breitenbach, hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging, slegs op Before Dawn.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus





Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.