On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Speel gholf en bring hoop vir droogtegeteisterde Noord-Kaapse boere

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:35 Tue, 12 Nov 2019

Speel gholf en bring hoop vir droogtegeteisterde Noord-Kaapse boere | News Article

Daar is groot dankbaarheid oor Gholf SA wat nou geld wil insamel vir boere in die Noord-Kaap waar die droogtetoestande by die dag vererger.


Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, sê ‘n nasionale gholfdag word beplan vir 30 November by Gholf SA se 450 klubs oor die land heen. Hy moedig spelers regoor die land aan om in te skryf vir dié dag by hul onderskeie gholfklubs en boere in dié provinsie sodoende te ondersteun. Die inskrywingsgeld by Gholf SA se onderskeie klubs sal vir Agri Noord-Kaap se bestaande droogterampfonds gaan.

Jansen sê dié organisasie het die afgelope vyf maande daarin geslaag om deur geldinsamelingsprojekte ‘n halfmiljoen rand in te samel wat gebruik is om veevoer aan boere te verskaf. Hy sê dit is ‘n gemiddeld van R100 000 per maand, wat relatief min is, maar tog ‘n verskil maak. Dié Golfers are Givers-projek is daarop gemik om dié veevoerskenkings deur Agri Noord-Kaap die afgelope vyf maande aan te vul om die oorlewing van dié provinsie se landbou-ekonomie te verseker.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Nicol Jansen president van Agri Noord-Kaap slegs op Before Dawn.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.