On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

VIDEO: Bewustheid gekweek vir droogtegeteisterde gebiede op OFM Music Marathon

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:15 Fri, 08 Nov 2019

VIDEO: Bewustheid gekweek vir droogtegeteisterde gebiede op OFM Music Marathon | News Article

Die voorstlepende droogte vererger by die dag. In sekere dele van die land en landbougemeenskappe, veral in die Noord-Kaap, word boere se skuldlas vergroot, terwyl hulle kuddes uitgedun is omdat daar geen natuurlike weiding beskikbaar is nie.


Waterbronne droog ook op en dit is nou ‘n humanitêre krisis in die grootste deel van dié provinsie. OFM se Pieter Möller, ‘n ou bekende in landboukringe, het die lang pad gaan aandurf ter bewusmaking van gemeenskape se nood in droogtegebiede. Möller en sy vrou, Carien, asook ‘n bekende in rugbykringe, Helgard Muller, gaan môre (Saterdag) aan OFM se immergewilde Music Marathon in Bloemfontein deelneem.

Möller, wat vir meer as 20 jaar heeltyds betrokke was by georganiseerde landbou en nog gereeld in boerekringe beweeg, het al ‘n jaar gelede die werklike omvang van die droogte en die impak daarvan op produsente raakgesien. Hy sê daar is baie mense in nood en daarom het hy besluit om deel te neem aan dié wedloop om “'n klein ietsie” terug te gee aan dié bedryf. OFM se Music Marathon het 'n 42.2km-, 21.1km- en 10km-wedloop, asook 'n 5km-pretwedloop, wat Saterdag by die Tempe-weermagbasis in Bloemfontein begin. Besoek ofm.co.za vir meer inligting.

Christal-Lize Muller het met Möller gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Dit was OFM se Pieter Möller, wat later in die program ‘n insetsel lewer. Besoek ofm.co.za, kliek op die Agri Aid-banier om meer oor die droogtetoestande en hulpverlening in die sentrale binneland te lees. Kontak news@ofm.co.za as jy nuus en droogtehulpprojekte wil deel.



OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.