On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Noord-Kaap moet eers wag vir reën, maar dit is op pad

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:30 Fri, 08 Nov 2019

Noord-Kaap moet eers wag vir reën, maar dit is op pad | News Article
FOTO: Bloemfontein Courant

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel geen reën in die komende week vir die droogtegeteisterde Noord-Kaap nie.


Tonie Rossouw 'n senior voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor sê daar is egter 'n goeie kans op reën in die oostelike deel van die land dié naweek. Noordwes en die noordelike deel van die Vrystaat kan reën verwag, terwyl die westelike deel van die Vrystaat enkele buie kan verwag. 

Hy sê bo-gemiddelde reënval word egter later vandeesmaand, asook in Desember en Januarie volgende jaar, in die sentrale binneland en veral die Noord-Kaap verwag. Volgens Rossouw kan winderige toestande dié naweek in dele van Noordwes en die Vrystaat voorkom, wat ‘n goeie teken is. Die kwik kan ook ietwat daal weens vogtige toestande, wat goed is vir die herstel van veldtoestande.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Rossouw gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.