On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri SA se rampbestuursentrum is daar vir boere

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:10 Wed, 06 Nov 2019

Agri SA se rampbestuursentrum is daar vir boere | News Article

Agri SA ondersteun die landbougemeenskap in gebiede in die land wat onder die vernietigende droogte gebuk gaan.


Dié organisasie het in die afgelope vier jaar duisende ton veevoer, geld, asook humanitêre hulp aan boere verleen en het nou ‘n rampbestuursentrum op die been gebring. Agri SA se adjunk-uitvoerende direkteur, Christo van der Rheede, sê daar is op dié sentrum besluit omdat droogtetoestande en hulpverlening aan boere nie meer ‘n tydelike situasie is nie, maar eerder ‘n normale sikliese klimaatsverskynsel.

Hy sê ‘n impakstudie van die droogtetoestande in al nege provinsies van die land word nou onderneem en dié inligting sal gebruik word wanneer daar met betrokkenes vergader word om doelgerigte planne vir droogtehulpverlening te doen. Volgens Van der Rheede is Agri SA se rampbestuursentrum bykomend tot sy droogterampfonds wat sedert 2015 al meer as R20 miljoen ingesamel het.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Christo van der Rheede die adjunk-uitvoerende direkteur van Agri SA, slegs op Before Dawn. Skakel Donderdagoggend in wanneer Van der Rheede verder praat oor Agri SA se volgende stap en doelgerigte planne ten opsigte van droogtehulp.

Besoek ofm.co.za en kliek op die Agri Aid-banier om meer oor die droogtetoestande en hulpverlening in die sentrale binneland te lees. Kontak news@ofm.co.za as jy nuus en droogtehulpprojekte wil deel.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.