On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Klop aan by Saai en neem só skuldlasprobleme met banke op

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:48 Wed, 06 Nov 2019

Klop aan by Saai en neem só skuldlasprobleme met banke op | News Article

Die Suider-Afrika Agri Inisiatief, Saai, spits hom toe op familieboerderye en daarom word alle boere aangemoedig om by dié organisasie aan te klop met hul skuldlas-kwessies weens droogtetoestande, wat in sekere gebiede vir etlike jare voortduur.


Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, sê die rampspoedige droogte dra daartoe by dat boere se skuldlas by finansiële diensverskaffers en banke vergroot. Dié instellings raak nou ongeduldig en plaas druk op boere om hul skuld te vereffen.

Hy sê daar word in sommige gevalle al geslagte lank op plase geboer, maar met die droogtesituasie nou, is boere se skuld op dié plase slegs ‘n fraksie van die werklike markverwante waarde van dié plase. Plase word deur banke teruggeneem en teen ‘n prys verkoop wat aansienlik minder is as ‘n boer se uitstaande skuld.

Saai is nou in die proses om individuele boere se situasie in terme van hul skuldlas te ondersoek en versamel nou inligting om later op ‘n kollektiewe grondslag met banke te vergader.

Rossouw moedig boere aan om Saai te nader, al is hulle nie lede van dié organisasie nie.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat….


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Francois Rossouw, uitvoerende hoof van die Suider-Afrika Agri Inisiatief, Saai, slegs op OFM. Besoek ofm.co.za en kliek op die Agri Aid-banier om meer oor die droogtetoestande en hulpverlening in die sentrale binneland te lees. Kontak news@ofm.co.za as jy nuus en droogtehulpprojekte wil deel.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.