On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

#NKdroogte: Water aangery vir diere, bronne droog egter op

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:15 Tue, 05 Nov 2019

#NKdroogte: Water aangery vir diere, bronne droog egter op | News Article

Daar is boere in die droogtegeteisterde Noord-Kaap wat dit nog kan bekostig om hul uitgedunde skaapkuddes te voer, omdat veevoer beskikbaar is al is dit peperduur.


Waterbronne is egter ‘n groot krisis en boorgate op plase het opgedroog. Die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) se voorsitter in die Noord-Kaap, Fanie Dippenaar sê boere ry nou water aan vir hul skape, maar water is skaars en brandstof duur. Daarmee saam is dit ook duur om boorgate te sink. In terme van waterverskaffing in noodtoestande was daar voorheen staatsubsidies wat nie meer in plek is nie. Hy sê boere in die gebiede soos Willeston en Van Wyksvlei, waar die situasie kritiek is, bly vasstaan in hul geloof en vertrou dat genoeg reën binnekort uitkoms sal bring.

Dippenaar sê dit wil egter voorkom of die regering nou betrokke is en hulp aan boere wil verleen. In verskeie gebiede het boere reeds droogtehulpvorms voltooi en moes hulle onder meer daarop aandui of hul kuddes uitgedun is en hoeveel diere hulle oor het. Volgens hom het boere reeds hul spaargeld en geld gebruik wat hulle vir ander doeleindes in hul boerderye wou aanwend. Daar is boere wat sukkel om hul kinders se skoolgeld te betaal.


OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Dippenaar gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Besoek ofm.co.za kliek op die Agri Aid-banier om meer oor die droogtetoestande en hulpverlening in die sentrale binneland te lees. Kontak news@ofm.co.za as jy nuus en droogtehulpprojekte wil deel.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.



OFM-nuus





Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.