On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Saai wil kollektief oor boere se skuldlas met banke vergader

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:55 Tue, 05 Nov 2019

Saai wil kollektief oor boere se skuldlas met banke vergader | News Article
Francois Rossouw van Saai FOTO: Verskaf

Geldelike oplossings moet saam met boere, wat deur droogtetoestande in ‘n groot deel van die land geraak word en wie se skuldlas vergroot, gevind word.


Die Suider-Afrika Agri Inisiatief, oftewel Saai, spits hou nou toe om die nodige inligting te versamel rakende individuele boere se geldelike verknorsing, sodat daar met banke vergader kan word om boere tegemoet te kom. Francois Rossouw, Saai se uitvoerende hoof, sê daar is nou ‘n swaard oor boere se koppe weens die voortslepende droogte. Hul skuldlas vergroot en oplossings is min. Hy sê daar moet nou kollektief met finansiële verskaffers en banke beding word, want dié instellings raak nou ongeduldig en in die proses word familieplase, wat nou in die knyp is, vir veel minder verkoop as hul waarde deur skuldeisers wat skuld wil inwin.

Hy is van mening dat dit die einste boere is wat nou in ‘n geldelike verknorsing is by banke, wat hul posisie kan verbeter as daar net meer geduld aan die orde van die dag is. Sodra boere weer ‘n goeie oes het, kan hulle weer op hul voete kom, meen hy.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Rossouw gepraat…  


Sien onderstaande PODCAST


Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus







Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.