On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

Brei omskrywing van landboumisdaad uit, vra TLU SA

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:47 Tue, 17 Sep 2019

Brei omskrywing van landboumisdaad uit, vra TLU SA | News Article

Die Transvaalse Landbou-unie, oftewel TLU SA, wil hê die nasionale polisiekommissaris, Khehla Sitole, moet meer aandag skenk aan geweldsmisdaad op plase en kleinhoewes in Suid-Afrika.


Dit sluit in die diefstal van landbougewasse en ander produkte. Die omskrywing van landboumisdaad moet ook uitgebrei word na ander vorme van oortredings, soos betreding en brandstigting, want dit hou ‘n bedreiging vir volhoubare landbouproduksie in. Dit kom nadat die polisie se nasionale misdaadstatistiek vir die 2018/19-boekjaar toon daar was ‘n toename van 2,9% in veediefstal. TLU SA se adjunk-hoofbestuurder, Chris van Zyl, sê daarmee saam word klagte van veediefstal nie by die polisie aangemeld nie en dit is ‘n reuse-probleem.  

TLU SA wil ook aan Sitole voorstel dat ‘n landbouvriendelike reservistestelsel in Suid-Afrika op die been gebring word. Die onderrapportering van veediefstal is besig om groot afmetings aan te neem, sê hy.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Chris van Zyl, adjunk-hoofbestuurder van die Transvaalse Landbou-unie, oftewel TLU SA.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.  Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus






Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.