On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Alfa2019: Reuse-uitstalruimtes in plek vir vee-ekspo

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:41 Tue, 17 Sep 2019

Alfa2019: Reuse-uitstalruimtes in plek vir vee-ekspo | News Article
FOTO: AgriOrbit

Alles is in plek en oorgehaal vir die gewilde African Livestock Trade Fair, oftewel Alfa, wat vandag (Dinsdag) by die Afridome in Parys in die Vrystaat begin.


 Dit is vanjaar die vierde jaar agtereenvolgens dat die vee-ekspo plaasvind. ‘n Organiseerder, Albert Loubser, sê ‘n totale uitstalruimte van meer as 9 300 vierkante meter is vanjaar onderdak, terwyl sowat 3 200 vierkante meter vir ‘n uitstalruimte buite beskikbaar gestel is.

Hy sê ‘n duisend hekke van drie meter elk is gebruik vir beeskrale en 300 hekke vir krale waarin skape aangehou word. Daar is vanjaar altesaam 201 stalletjies op dié skou. Daar is 30 verskillende vleisbeesrasse met altesaam 311 diere. Alfa2019 duur tot Donderdag.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Loubser gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Albert Loubser, 'n organiseerder van Alfa2019. 

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.  Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.