On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Vrystaatse vroulike landbou-entrepreneur se vrygewigheid ken geen perke

───   06:28 Fri, 23 Aug 2019

Vrystaatse vroulike landbou-entrepreneur se vrygewigheid ken geen perke | News Article
Premier Sisi Ntombela oorhandig 'n tjek van R250 000 aan Mieta Mpholo. By hulle is die LUR van Landbou, William Bulwane.

Mieta Mpholo, 'n gemengde boer van die Sasolburg-distrik, is onlangs aangewys as die algehele wenner van die vroulike landbou-entrepreneurs, aangebied deur die Vrystaat se Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling.


Mpholo sê sy voel uiters positief oor die opkomende nasionale vroulike landbou-entrepreneurs, waar wenners uit elke provinsie gaan meeding vir die groot prys in Kaapstad op 29 Augustus. Sy sê alhoewel sy ‘n suksesvolle boerdery het, maak sy maar min wins. Dit is omdat sy elke dag van haar groente gratis aan die distrik se bejaardes en behoeftiges voorsien.

Sy beplan om haar boerdery, wat sy al 15 jaar besit, verder uit te brei deur haar veekomponent te laat groei en meer werktuie soos 'n trekker aan te koop. Sy het altesame R250 000 gewen as deel van haar prys. Sy beplan juis om hierdie geld te gebruik om haar boerdery te vergroot.

OFM-nuus se Vernon Baumann het met haar gepraat…


Sien aangehegte PODCAST


Dit was Mieta Mpholo, algehele Vrystaatse wenner van die vroulike landbou-entrepreneurs.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus/Vernon Baumann


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.