On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Syngenta se Grain Academy hou suksesvolle reünie

───   06:18 Fri, 23 Aug 2019

Syngenta se Grain Academy hou suksesvolle reünie | News Article

Die Grain Academy, ‘n leierskapontwikkelingsprogram wat aangebied is deur Syngenta, Graan SA en die Universiteit van die Vrystaat (UV) se besigheidskool, het onlangs ‘n baie geslaagde reünie gehou.


Dit is volgens Ben Schoonwinkel, Syngenta se hoof van bemarking, wat meen die feit dat meer as helfte van die Grain Academy se alumni van die laaste sewe jaar opgedaag het vir die reünie, dit ‘n groot sukses gemaak het.

Schoonwinkel sê die reünie is gereël om nouer bande te smee tussen die alumni en sodat hulle ook by mekaar kan leer. Hy sê ook verder, net omdat die die Grain Academy deur Syngenta geborg is, beteken nie dit gaan oor tegniese kennis nie; dit is suiwer ‘n leierskapsontwikkelingsprogram wat boere en ander in die landbousektor met die nodige vaardighede voorsien om uitdagings in die moderne bedryf aan te spreek.


OFM-nuus se Vernon Baumann het met hom gepraat…


Sien aangehegte PODCAST


Dit was Ben Schoonwinkel, Syngenta se hoof van bemarking.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus/Vernon Baumann




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.