On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Landbou-joernalis, Marleen Smith, was uitsonderlik op dié gebied

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:53 Wed, 19 Jun 2019

Landbou-joernalis, Marleen Smith, was uitsonderlik op dié gebied | News Article
Marleen Smith FOTO: Verskaf

Medelye stroom steeds in vir die 47-jarige Marleen Smith, ‘n Bloemfonteinse landbou-joernalis, wat Sondag dood in haar meenthuis in Langenhovenpark in Bloemfontein gekry is.


Die oorsaak van haar dood is steeds onbekend, maar daar word vermoed dat sy geval het. Besorgde famielielede het Sondagmiddag ondersoek gaan instel nadat hulle haar nie kon bereik nie. Haar gewese man, Charles Smith, nuushoof van Volksblad in Bloemfontein en Netwerk24, beskryf haar as ‘n uitsonderlike joernalis in landbou. Smith het haar loopbaan as joernalis by die Volksblad begin.

Hy sê Marleen het ‘n meestersgraad in volhoubare landbou by die Universiteit van die Vrystaat (UV) verwerf en het dit met lof geslaag. Sy het baie geskryf oor geenbewerking wat nuwe tegnieke, landboumetodes en dekgewasse insluit. Dit het boere in Suid-Afrika se denkwyse verander, sê hy.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…  



Dit was Charles Smith, nuushoof van Volksblad en Netwerk24.

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op  Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za. Luister ook weeksdae om 11:00 en 13:30 na jou landbounuusbulletins slegs op OFM. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.