On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agri Hour

Suid-Afrika voer weer rooivleisprodukte uit na die Midde-Ooste

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:55 Tue, 26 Mar 2019

Suid-Afrika voer weer rooivleisprodukte uit na die Midde-Ooste | News Article

Suid-Afrikaanse handelsbande met die Midde-Ooste is onlangs weer hervat.


Dié land het op die Gulfood internasionale handelskou in Februarie nuwe gesondheidsertifikate uitgereik wat Suid-Afrika weer in staat stel om rooivleis na dié land  uit te voer. 

Dit kom nadat ‘n tydelike verbod op die uitvoer van Suid-Afrikaanse vleisprodukte geplaas is nadat bek-en-klouseer in Januarie in Limpopo uitgebreek het. Roelie van Reenen, hoof van die verskaffingsketting van Beefmaster, sê  verteenwoordigers van dié groep het die handelskou in Dubai bygewoon en van die geleentheid gebruik gemaak om handelsbande te smee ná die Midde-Ooste aangedui het dat hulle vleis van Suid-Afrika gaan invoer. Hy sê verteenwoordigers van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye  was ook by dié handelskou. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…



Dit was Roelie van Reenen, hoof van die verskaffingsketting van Beefmaster. Skakel Woensdagoggend in van 05:00 wanneer Van Reenen praat oor die stand van die vleisbedryf tans in Suid-Afrika.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.