On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Podcasts

Landbounuus-podcast: Verskeie Noord-Kaap distriksmunisipaliteite tot droogte-rampgebiede verklaar

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:16 Fri, 22 Mar 2019

Landbounuus-podcast: Verskeie Noord-Kaap distriksmunisipaliteite tot droogte-rampgebiede verklaar | News Article

Verskeie distriksmunisipaliteite in die Noord-Kaap is reeds tot droogte-rampgebiede verklaar.


Verskeie distriksmunisipaliteite in die Noord-Kaap is reeds tot droogte-rampgebiede verklaar. Dit kan daartoe lei dat die provinsie moontlik binnekort in geheel ook tot 'n rampgebied verklaar word. Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, sê die voortslepende droogte eis sy tol in veral die sentrale en westelike deel van die provinsie. Volgens hom het reën onlangs in die noordelike en oostelike deel van die provinsie ietwat verligting gebring, maar daar is steeds 'n groot deel waar boere weens die droogtetoestande nou op moedverloor se vlakte is. Jansen sê die Namakwa-distriksmunisipaliteit is reeds tot rampgebied verklaar, terwyl die ZF Mgcawu-distriksmunisipaliteit se goedkeuring deur sy raad dat die Upington-gebied tot 'n rampgebied verklaar word, amptelik bekendgemaak moet word. Die raad van die Pixley Ka Seme-distriksmunisipaliteit is in die proses om dit goed te keur.    

Beurtkrag is slegte nuus vir die landboubedryf en gaan 'n massiewe impak op produktiwiteit hê.  Dit ontwrig produksieritmes. Só meen die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, nadat Eskom fase 5- en fase 6-beurtkrag as sy gebeurlikheidsplan in plek het om 'n nasionale ineenstorting van elektrisiteitsvoorsiening te vermei. Volgens Laubscher is elektrisiteit duur en die verbruik daarvan word goed deur boere bestuur sodat dit optimaal benut kan word. Hy meen met beurtkrag wat 'n werklikheid is in Suid-Afrika gaan dit nog lank neem vir boere om die ritme van produksie te hervat, terwyl hulle steeds geldelik gaan moet opdok daarvoor. Laubscher sê skade wat gelei word in terme van produksie kan enorm wees en 'n groot monitêre impak hê. Hy sê te midde van 'n sukkelende ekonomie word die hele waardeketting negatief deur beurtkrag geraak.

EN

'n Beter ooreenkoms vir grondbesit word in Suid-Afrika benodig. Die Pan Africanist Congress of Azania (PAC) se president, Narius Moloto, meen geregtigheid met betrekking tot die grondkwessie vir die meerderheid Suid-Afrikaners het nie met Kodesa geskied nie. Hulle is steeds sonder grond. Moloto het Donderdag op Menseregtedag in Sharpeville gesê 'n ooreenkoms moet nou gesluit word tot voordeel van die meerderheid Suid-Afrikaners.  





OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.