On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

“Blouskool” in VS se bus nog soek

───   MARK STEENBOK 07:52 Sat, 21 Jul 2018

“Blouskool” in VS se bus nog soek | News Article
Photo: Supplied

Die Hoërskool Kroonstad, oftewel die ‘Blouskool’, se wit Izuzu-skoolbus het hierdie week soos ‘n groot speld verdwyn.


Die Blouskool se adjunkhoof, Tjaart du Plessis, het aan OFM-nuus verduidelik dat diewe die bus, wat hoofsaaklik gebruik word om leerders te vervoer, Donderdag omstreek 02:15 gesteel het. 

Hy sê die bus was binne die skoolterrein toegesluit en die booswigte het na bewering die slot van die hek waar die bus geparkeer was, geknip. 

Du Plessis het sy verbasing uitgespreek dat iemand so groot bus kon steel. Hy sê die bus is omstreeks 05:20 in Mpumalanga opgemerk. 

Dit blyk dat die diewe egter later die bus se Tracker verwyder het. Volgens Du Plessis, bel baie mense nou in na die kantoor, en beweer dat hulle die bus opgemerk het. 

Du Plessis sê sommige mense in Nelspruit wou selfs geld uit die aangeleentheid maak, en het gevra dat die skool eers geld in hulle bankrekening betaal voor hulle inligting kan verskaf. 

Hy sê hulle hoop om die bus gou op te spoor omdat die verlies hulle oor die langtermyn negatief kan raak. 

Enigiemand met inligting word versoek om hulle naaste polisiekantoor te skakel.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.