On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

South Africa

Gebou in George stort ineen; tot 60 vasgekeer

───   16:12 Mon, 06 May 2024

Gebou in George stort ineen; tot 60 vasgekeer  | News Article
Die puin van die gebou wat in George ineengestort het. Foto: Facebook/George Herald

“Op die oomblik het ons nie die presiese getal beserings nie. Ons noodpersoneel en plaaslike ambulanse is op die toneel.”

Nooddienste is op die toneel in George se middedorp waar ’n gebou ineengestort het.

George Herald berig die gebou in Victoriastraat was nog in aanbou. Die omvang van talle se beserings is nie duidelik nie. News24 berig tot 60 mense is onder die puin vasgekeer.

’n Kunstenaarsvoorstelling van die onvoltooide gebou wat in duie gestort het.

Die munisipaliteit sê die pad is gesluit om ambulanse in te laat. Chaos het ontstaan toe nuuskierige verbygangers op die toneel saamgedrom en dit moeilik gemaak het vir reddingswerkers om by die beseerde pasiënte uit te kom en diegene te bevry wat onder die puin vasgevang is.

“Dit is ’n gebou langs die munisipaliteit,” sê Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoerder van die George-munisipaliteit. ”Die struktuur was omtrent vier tot vyf verdiepings hoog. Dit het soos ’n woonstelblok gelyk. Op die oomblik het ons nie die presiese getal beserings nie. Ons noodpersoneel en plaaslike ambulanse is op die toneel.”


Die publiek word gevra om die toneel te vermy, sodat noodreddingswerkers en ambulanse by die pasiënte kan uitkom.

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.