On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Boorgat-eienaars op Springfontein kry waterrekeninge

───   15:44 Mon, 06 May 2024

Boorgat-eienaars op Springfontein kry waterrekeninge | News Article
Foto ter illustrasie: Serijke Grobler

“’n Inwoner wat verskeie eiendomme op die dorp besit, het waterrekeninge vir twee van sy eiendomme ontvang met presies dieselfde bedrae vir water.”

Inwoners van Springfontein in die Suid-Vrystaat is woedend nadat hulle vir die eerste keer in ’n jaar munisipale rekeninge ontvang het en hulle nou tot R8 000 vir water moet opdok.

Dorpe in die munisipale gebied word van minimale waterdruk voorsien, óf net 30%-waterdruk, daarom het die meeste huise op Springfontein boorgate. Die watermeters op van die eiendomme is nie gekoppel aan die munisipale watermeters nie.

’n Inwoner wat verskeie eiendomme op die dorp besit, het waterrekeninge vir twee van sy eiendomme ontvang met presies dieselfde bedrae vir water. Albei eiendomme se watermeter is nie gekoppel aan munisipale watermeters nie en beweeg nie, want daar is boorgate op die eiendomme.

‘Watermeters wat nie gebruik maak van munisipale water nie, moet bevestig word’

Inwoners het verskeie kere die inligting dat eiendomme nie gebruik maak van munisipale water nie aan die mundiale kantoor deurgegee, maar geen aanpassing is gemaak aan die rekeninge nie.

Kopanong se rekeningafdeling sê watermeters wat nie gebruik maak van munisipale water nie, moet deur elke dorp se eenheidsbestuurder bevestig word. Maar die eenheidsbestuurder het ná ’n maand nog geen poging aangewend om enige van die eiendomme se watermeters te inspekteer nie.

Die gemeenskap wil die uitstaande munisipale rekeninge betaal, maar kan dit nie doen as munisipale rekeninge verkeerd en skrikwekkend hoog is nie. Inwoners sê hulle kan nie net blindelings maandeliks bedrae aan die musipaliteit betaal nie.

Die Kopanong-rekeningafdeling is gesluit tot verdere kennisgewing. Burgemeester Xolani Tseletsele het aan OFM Nuus gesê Jagersfontein se munisipale kantoor is oop. Hy het nie verdere kommentaar gelewer of ’n rede gegee waarom die distrikskantoor op Trompsburg gesluit is nie. Die hoof van risikobestuur het gesê dat die kantore gesluit is en dat die rekeningafdeling nie inwoners kan help met rekeningnavrae nie.

OFM Nuus/Serijke Grobler mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.