On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Worshond van Bloemfontein veilig teruggevind nadat motor uitbrand

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 13:53 Mon, 06 May 2024

Worshond van Bloemfontein veilig teruggevind nadat motor uitbrand | News Article
Milo. Foto verskaf

Net voor Winburg het Anton vir Nadine gebel en gewaarsku dat daar vonke en vlamme onder haar motor is.

’n Geliefde worshond is met sy gesin herenig 28 uur nadat hy uit ’n motor gespring het wat op die punt was om aan die brand te slaan.

Die Joubert-gesin van Bloemfontein het op 1 Mei die pad Durban gevat nadat hulle ná 37 jaar in die Rosestad besluit het om see toe trek.

Nadine Joubert, haar dogter, Zenel Schutte, skoonseun, WH Swart, en kleindogter Layla Swart het almal in een motor gery, terwyl Nadine se man, Anton Joubert, in ’n ander voertuig agter hulle gery het. Milo die worshond en twee ander honde was ook saam met Nadine in die motor.

‘Almal het gespartel’

Op die N1 net voor Winburg, waar die N5 wegswaai KwaZulu-Natal toe, het Anton vir Nadine gebel en gewaarsku dat daar vonke en vlamme onder haar motor is. Nadine het dadelik stilgehou en almal het gespartel om Layla en haar karstoeltjie en waardevolle besittings uit die motor te kry.

Intussen het Milo uitgespring terwyl Nadine die drie honde uit die motor probeer kry het, maar midde-in die chaos kon hulle hom nie dadelik agternasit nie.

Erika Dempers, ’n inwoner van Bloemfontein, het die brandende motor langs die pad gesien. Dempers het toe aangebied om Nadine, haar dogter en kleindogter terug Bloemfontein toe te vat waar ’n huurmotor gewag het wat deur haar suster en swaer van Durban, Chantelle en Morné Rautenbach, vir hulle gereël is.

Terwyl hulle gewag het, het Anton en WH na Milo gesoek, maar kon hom nie opspoor nie. Nadine-hulle het omstreeks 20:00 by hulle aangesluit, maar die gesin moes dadelik na Durban ry, aangesien hulle die volgende oggend die meubelwa by die huis moes ontmoet.

‘Milo se been het heeltemal herstel’

’n Inwoner van Winburg, Martie Botha, het die volgende oggend vir Nadine laat weet dat ’n boer op ’n nabygeleë plaas Milo gevind het. Botha het die bang en beseerde hond vir twee dae ingeneem terwyl Nadine vir die hond ’n saamrygeleentheid gesoek het.

Die Rautenbachs het Milo die Saterdagoggend op Harrismith by Lizaan Roos, wat die hond in Winburg opgelaai het, gaan haal.

Nadine sê Milo se been het heeltemal herstel en hy is weer die gelukkige hondjie wat hy was nadat hy 'n paar dae terug by die huis steeds bietjie bewerig was.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.